The Emerging Scholars Initiative (ESI) is a platform dedicated to encouraging younger scholars generate a wider interest in their research.

The Emerging Scholars Initiative (ESI) is a platform dedicated to encouraging younger scholars generate a wider interest in their research.

The Emerging Scholars Initiative (ESI) is a platform dedicated to encouraging younger scholars generate a wider interest in their research.

The Emerging Scholars Initiative (ESI) is a platform dedicated to encouraging younger scholars generate a wider interest in their research.

ESI Books – Languages

About Die Sepediversbou

P.S. Groenewald

ISBN
ISBN: 978-0-620-94709-1 (Print)
ISBN: 978-0-620-94710-7 (E-book/digital)

Published Date 2021

Page numbers 78

Inleiding

Hierdie skrywe vat meer saam as wat vervat is in my laaste paar artikels oor die Sepediversbou en wat in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Afrikatale verskyn het. Gedeeltes daaruit word wel woordeliks herhaal, soos die bespreking van die werke van Matlala en Matsepe. Ek het die moeite ontsien om daardie besonderhede met groter elegansie te probeer inklee. Op kritiese punte is aansienlik uitgebrei; nuwe insigte het bygekom, en so het dit meer as ’n samevatting en herrangskikking van die bestaande gegewens geword. Die gebruik van die term vers kan moontlik verwarring skep. Wees daarop bedag. Dit is ’n selfstandige verseenheid; dit verwys nie na ’n versgeheel nie. ’n Gedig is in hierdie skrywe nie ’n vers nie, maar ’n versgeheel, en dié kan uit een of meer verse saamgestel word. Hierdie aangeleentheid word in die teoretiese aanloop breedvoerig bespreek.

Die terme verdelingspunt, ewewigspunt en koördinasiepunt belig verskillende fasette van dieselfde begrip, en die term membrum is aan De Groot ontleen; dit word egter nie in dieselfde sin gebruik nie. Die membra word soos versreëls onder mekaar geskryf. Die skryf- en spelwyse soos dit in die oorspronklike teks voorkom, word in die aanhalings gehandhaaf. Waar aanpassings nodig was, word dit genoem Die vertaling van die aanhalings is meesal nie letterlik nie, maar is getrou. J.P. Maripane en B.P. Satekge was hierby van groot hulp. Erkenning en dank hiervoor. Die digter E.K.K. Matlala het in die skrywe van sy sonnette soms vorme en woorde uit verwante tale en dialekte gebruik wat hy dan by wyse van voetnotas toegelig het om die metaforiese strekking daarvan te verduidelik. Dié is ooreenkomstig vertaal. In membrum 14 van die Matlalasonnet wat bespreek word, is daar bes moontlik ’n oorsig – met Matlala weet ’n mens nooit nie – dit word so gelaat. Die vertaling ewenwel geskied na die gees en strekking van die gedig.

Matlala was bekend daarvoor dat hy hom aan geen konvensie laat bind het nie. Hy het daarom sy eie spelwyse gevolg, al sou dit beteken dat sy werk nie vir skoolgebruik voorgeskryf word nie. Sy versdrama, Tšhukudu, beleef drie uitgawes by drie verskillende uitgewers. Die teks verskil elke keer; die verstellings is wel drasties, maar is verstegnies eintlik kosmeties van aard, en raak hoofsaaklik die versreël- of membraverdelings. Versvormlik is die eerste uitgawe die betroubaarste geskrewe teks. Van sy laaste versdrama, Tšhaka, bestaan daar slegs twee dele, die eerste en die derde; die tweede deel (boek 2) se manuskrip het tussen hom en die uitgewer verlore geraak en dié deur die nalatigheid van die uitgewer, was sy presiese woorde aan my. Die fynskrif in die uitgewersdokumente was klaarblyklik te fyn om raakgesien te word Diegene wat in Sepedispreekwoorde belangstel, kan die werke van Rakoma en van Erasmus, of selfs die woordeboeke van Kriel en Van Wyk en van Ziervogel en Mokgokong raadpleeg:

Erasmus, J.G. s.j. Uitgesoekte Noord-Sotho spreekwoorde. Johannesburg/ Kaapstad: Afrikaanse Pers Beperk.

Kriel, T.J. & Van Wyk, E.B. 1989. Pukuntšu/Woordeboek. Pretoria: J.L. van Schaik.

Rakoma, J.R.D. 1949. Marema-ka-dika. Pretoria: J.L. van Schaik.

Ziervogel, D. & Mokgokong, P.C. 1975. Pukuntšu ye kgolo ya Sesotho sa Leboa. Sesotho sa Leboa: Seburu/Seisimane. Pretoria: J.L. van Schaik/Unisa.

Browse the digital version of Die Sepediversbou

Contact Us

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Not readable? Change text. captcha txt

Start typing and press Enter to search